(Fotokrediet: Alvan Nee – Unsplash)
Wurms word dikwels onderskat as oorsaak van siekte en dood in honde, veral jong hondjies.
Algemene Tipes Wurms:
Honde en katte kan twee tipes wurms kry nl. rondewurms en lintwurms.
Rondewurms: Rondewurms is rond , het ‘n gladde buitewand en bestaan nie uit segmente nie.
Lintwurms: Lintwurms het ‘n kop met suiers en party soorte het ook hakies op hulle koppe . Agter die kop van ‘n lintwurm is daar ‘n nek en volg verskeie segmente.
Ontwurming:
Die algemene beginsel is om jong diere op 3 weke, 6 weke en dan maandeliks te ontwurm tot op 6 maande. Daarna is elke 3 tot 6 maande voldoende. Dit word egter soms aanbeveel om jou troeteldier meer gereeld te ontwurm en reeds op die ouderdom van 2 weke vir die eerste keer te ontwurm. Dit is dus belangrik om jou veearts te kontak vir ‘n onwurmingskedule en produk wat die beste vir jou unieke troeteldier sal wees.
Onthou dat alle troeteldiere op dieselfde perseel tegelykertyd ontwurm moet word.
Produkte:
Dit is goed om breë-spektrum wurm-medisyne te gebruik wat ook lintwurm doodmaak.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21