Foto: Matthew Henry – Unsplash
Wintertyd is wanneer veeartse dikwels meer infeksies van die boonste lugweë by honde sien. Dit staan algemeen bekend as “Kennel Cough”.
Hierdie infeksies word veroorsaak deur ‘n verskeidenheid virusse en bakterieë wat die boonste lugweë aantas. Dit sluit die neusgange, keel en lugpyp in.
Die meeste honde begin met ‘n harde hoes wat klink asof iets in hul keel vassit, maar hulle eet steeds goed, is aktief en tree nie siek op nie. Sommige honde skud die siekte binne enkele dae af, maar dit kan ook veel langer aanhou en daarom is dit belangrik om jou hond na jou naaste veearts te neem vir behanderling.
Dit is raadsaam om jou hond te laat inent indien hy of sy dikwels met ander honde omgaan.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21
#winter #entjouhond #lugweginfeksies #kennelcough #diearkdierekliniek