‘n Honde-Ma is ‘n vroulike diereliefhebber wat glo dat haar troeteldiere haar vier-voet-kinders is.
Deesdae is dit feitlik ‘n feit dat ons troeteldiere deel is van die gesin. Die dae wat diere buite in die tuin vasgeketting was, terwyl die res van die gesin binnenshuis geëet het, is lank reeds verby.
Ons glo al hoe meer dat ‘n troeteldier die begin van ‘n gesin is, en word die klein vier-voet-gevreetjie met hope liefde en oop arms ontvang. As gevolg hiervan is daar baie trotse honde-moeders daar buite wat ontbyt in die bed verdien!
Gelukkig Moedersdag aan al die Honde-Ma’s daar buite.