Lees Meer/Read More

Vetsug by Troeteldiere

Foto: Mikkel Bendix – Pexels

Vetsug kan gedefinieer word as ‘n oormaat liggaamsvet wat die gesondheid, welsyn en lewenskwaliteit van ‘n troeteldier kan benadeel.

Troeteldiervetsug kan ook ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiektes,  respiratoriese nood,  hoë bloeddruk en kankers veroorsaak. Dit kan ook bestaande probleme vererger.

Om te kyk of jou hond oorgewig is, kan jy die volgende doen:

  1. Jy moet die buitelyn van jou hond se ribbes kan sien en voel sonder oortollige vetbedekking.
  2. Jy moet die middellyf van jou hond kan sien en voel, en dit moet duidelik sigbaar wees as jy dit van bo af beskou.

Om te kyk of jou kat oorgewig is, kan jy die volgende doen:

  1. Jy moet jou kat se ribbes, ruggraat en heupbene kan sien en voel.
  2. ‘n Kat se middellyf moet sigbaar wees van bo af.
  3. ‘n Kat moet slegs ‘n klein hoeveelheid maagvet hê

As jy onseker, kontak jou veearts wat ‘n volledige ondersoek kan doen en indien nodig ‘n gewigsverliesprogram kan aanbeveel en sodoende jou troeteldier se lewenskwaliteit te verbeter.

Vir meer inligting kontak:

Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646

Tel: 021-224 0020/21

#vetsug #troeteldiere #diearkdierekliniek