Foto : Lydia Torrey on Unsplash
Jou troeteldier moet gereeld die veearts besoek om seker te maak hy of sy is gesond en bly gesond. ‘n Veearts probeer om siektes te voorkom en behandel ook diere wat siek of beseer is.
Wanneer moet jou troeteldier die veearts besoek
Geboorte tot en met 1 jaar
Elke 3-4 weke totdat hy 16 weke oud is vir al sy inentings, ontwurming en om te monitor day hy of sy mooi ontwikkel en groei.
1 tot 7 jaar
Eenmaal per jaar vir ‘n kop-tot-stert ondersoek. Jou veearts kan dalk aanvullende inspuitings vir onder andere hondsdolheid of katgriep gee. ‘n Stoelgang monster kan bevestig of jou troeteldier interne parasiete het.
7-10 jaar
Verkieslik twee keer ‘n jaar. Jou veearts kan moontlik jou kat of hond se bloed, urine en stoelgang toets. Bring hom of haar ook op hoogte van gedragsverandering by jou troeteldier soos byvoorbeeld eetgewoontes.
Simptome wat moontlik op siekte kan dui
- Naarheid of loperige maag
- Lusteloos
- Nie wil eet nie
- Verminderde aktiwiteit
- Hare verloor
- Vel jeuk
- Sukkel om op te staan of te beweeg
Wat behels ‘n besoek aan ‘n veearts
Tydens ‘n besoek aan die veearts sal hy waarskynlik na die volgende kyk:
- Gewig
- Ore
- Mond, tande en neus
- Bene, gewrige en agterlyf
- Hart en longe
Wenke vir jou besoek aan die veearts
- Hou jou hond aan ‘n leiband
- Neem ‘n speelding of kombers waaraan jou troeteldier gewoond is saam
- Ontspan, jou troeteldier voel jou gemoedstoestand aan
- Beloon jou troeteldier na die tyd
Vir Meer Inligting:
Die Ark Dierekliniek is goed toegerus om alle roetine sowel as gevorderde prosedures te kan hanteer.
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021 224 0020/21