Katgriep ook bekend as Parvovirus by honde
Die naam Katgriep is baie misleidend aangesien die virus nie van katte na honde kan versprei nie. Dit tas ook die dermkanaal aan met geen tipiese griepsimptome nie. Die virus kom hoofsaaklik by jong honde voor, alhoewel enige hond wat nog nie blootgestel was aan die virus nie, siek kan word.
Simptome wat kan dui op die Parvovirus:
- Koors
- Lusteloosheid
- Swak eetlus
- Braking
- Skuim om die bek
- Onwelriekende diarree wat later bloederig word
- Verandering in tandvleiskleur
- Buikpyn
- Ontwatering
Die simptome verskyn gewoonlik skielik en kan binne ‘n paar uur noodlottige gevolge hê. Diere wat wel inge-ent is teen die virus sal dit waarskynlik ligter opdoen en herstel.
Diagnose:
Dit is belangrik om jou hond so vining moontlik na jou veearts te neem indien jy bogenoemde simptome waarneem sodat ‘n diagnose met behulp van toetse gemaak kan word.
Behandeling:
Die behandeling behels die onderdrukking van bakterieë in die dermkanaal, voorkoming van braking en die herstel van die voginhoud in die hond se liggaam.
Inenting:
Inenting is baie belangrik in die voorkoming, beheer en herstel van die siekte.
Klein hondjies moet vanaf ses weke ouderdom teen die siekte ingeënt word en elke vier weke daarna tot hulle veertien weke oud is.
Voorkoming:
Indien u ‘n hondjie het of gehad het wat met die PARVOVIRUS gediagnoseer is, moet u probeer om alle oppervlakke waar die hondjie beweeg het ‘n paar keer oor ‘n redelike tydperk met ‘n sterk ontsmettingsmiddel soos F10 te behandel en skoon te maak.
Die virus is hardnekkig en kan baie lank oorleef.
Vir Meer Inligting:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021 224 0020/21