Huiskatte
Katte het unieke persoonlikheide. Soms is hulle spelerig en ander kere wil hulle eerder met rus gelaat word. Katte is van die gewildste troeteldiere in die wêreld.
- Die wetenskaplike naam vir ‘n huiskat is Felis Silverstris Catus.
- Katte slaap ongeveer 16 ure in ‘n dag.
- Ailurofobie is ‘n vrees vir katte.
- ‘n Kat het 230 bene in sy liggaam, ‘n volwasse mens het slegs 206.
- Katte se gehoor is beter as die van honde.
- Katte se urine gloei onder ultravioletlig.
- Buiten dat lekkergoed nie goed is vir katte nie, kan hulle ook nie soet geure proe nie.
- Katte, net soos honde, is gedeeltelik kleurblind. Hulle kan geel en blou sien, maar kan nie goed tussen rooi en groen onderskei nie.
- Katte hou daarvan om te speel en kan ure pret hê met die eenvoudigste speelding.
- Katte verg min moeite, hulle het wel baie liefde en aandag nodig, maar hoef nie elke middag te gaan stap en korthaarkatte hoef nie gebad te word nie.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21