Alle warmbloedige spesies, mense ingesluit, kan met hondsdolheid besmet raak.
Wat is hondsdolheid:
Hondsdolheid, is ‘n dodelike virussiekte wat in diere soos honde en by die mens voorkom. Die virus kom in die speeksel voor en tas die senustelsel aan. Die virus word versprei wanneer ‘n besmette dier speeksel oordra of wanneer ‘n mens of ander dier gebyt of gekrap word. Meerderheid van hondsdolheidgevalle word deur hondebyt veroorsaak. Besmette diere is uitermatig aggressief en vertoon nie-kenmerkende gedrag.
Inentings:
Inentingsprogramme het die risiko van hondsdolheid afkomstig van honde baie verlaag.
Die Wes-Kaap is tans die enigste provinsie in Suid Afrika waar nog geen menslike geval van hondsdolheid aangemeld is nie.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21