Fotokrediet: Murilo Viviani on Unsplash
Honde sweet nie soos mense nie, dus kan hulle nie van die oortollige hitte in hulle liggame ontslae raak nie. Hitte-uitputting by diere kom voor wanneer hulle liggaamstemperatuur bo 39 grade celsius styg.
Tekens van Hitte-Uitputting:
- Vinnige asemhaling is die eerste teken van hitte-uitputting, veral by honde.
- Oormatige kwyl
- Vinnige hartklop
- Duiseligheid
- Gebrek aan koördinasie
- Koors
- Lusteloosheid
Verlies van bewussyn kan in ernstige gevalle voorkom.
Behandeling:
- Kry jou troeteldier in die koelte.
- Koel jou troeteldier af deur hom met klein hoeveelhede louwarm water af te spons.
- Gee klein hoeveelhede louwarm water om te drink.
- Neem jou troeteldier na jou veearts sodra sy asemhaling rustiger raak.
Nota: Moenie koue water gebruik om jou troeteldier af te koel nie, aangesien dit sy of haar liggaamstemperatuur te vining kan laat daal.
Voorkoming:
- Hou jou troeteldier binne op ‘n baie warm dag.
- Indien jou troeteldier buite moet wees, maak seker dat daar genoeg skadu en vars water is om te drink.
- Gooi ysblokkies in jou troeteldier se water sodat dit koud bly.
- Moenie jou troeteldier alleen in die hitte los nie, veral nie in ‘n warm kar nie.
- Moenie in die hitte met jou troeteldier gaan stap nie.
- Vat jou troeteldier vroeg soggens of laat smiddae uit.
- Neem water saam wanneer jy met jou troeteldier gaan stap.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21