Fotokrediet: Kristy Kolberg
Pickle, in die foto, is ongeveer 16 jaar oud en vir so lank al deel van die Sliep-familie. Alhoewel sy deesdae meer slaap en met haar heupe, hart en niere begin sukkel is sy in ‘n puik kondisie en geniet sy dit steeds baie om vir kort tydjies met haar gunsteling bal buite te speel. Sy is op medikasie vir haar hart en niere en ook op ‘n spesiale dieet.
November is Seniors Maand. Hierdie maand gee ons so bietjie ekstra aandag aan ons Getroue Goue Oues en hulle versorging.
Wat om te verwag wanneer jou troeteldier ouer word
Atritis/degeneratiewe siektes
Jou hond kan artritis of ander degeneratiewe siektes ontwikkel wat veroorsaak dat hy moontlik nie meer so ver kan loop of lank kan speel nie. Hy kan dalk gouer moeg word of sukkel om op te staan of om gemaklik te lê wanneer hy slaap.
Tande
Sonder behoorlike versorging kan tandheelkundige siektes ‘n probleem inhou, veral vir ouer troeteldiere. Honde kan selfs tande verloor wanneer hulle ouer word.
Ander algemene probleme
Nier-, lewer- en hartsiektes is algemene probleme wat by ouer honde voorkom en tot gewigsverlies kan lei.
Gewigstoename
Die teendeel is egter ook waar, omdat ouer honde minder aktief is, is hulle ook geneig om gewig op te tel en is dit belangrik om seker te maak dat hulle genoeg oefening kry en hulle dieet aangepas word.
Aanpassings wanneer jou troeteldier ouer word
- Gereelde besoeke aan die veearts
- Goeie en gesonde dieet
- Spesiaal aangepaste dieet indien jou hond gesondheidsprobleme het
- Gereelde oefening
- Aanvullings soos voorgeskryf deur u veearts
- Goeie tandheelkundige sorg
- Gemaklike, sagte en warm bed
- Baie aandag en liefde
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21