Fotokrediet: Tran Mau Tri Tam – Unsplash
Net soos by mense is Diabetes Mellitus by honde en katte ‘n algemene en kroniese hormonale toestand wat gereeld voorkom.
Wat is Diabetes
Diabetes is hoë bloedsuiker as gevolg van die pankreas wat nie insulien kan produseer nie. Insulien is verantwoordelik vir die oordra van glukose molekules vanaf die bloed tot in die liggaamselle vir energie.
Simptome
- Oormatige dors
- Oormatige urinering en ontwatering
- Gewigsverlies ten spyte van normale voedselinname
- Gereelde infeksies
- Depressie
- Katarakte
Oorsake
Diabetes kan geneties oorerflik wees, maar kan selfs deur swak kwaliteit kosse veroorsaak word. Diere wat baie spanning ervaar, oorgewig is en te min oefen is dikwels meer vatbaar vir Diabetes.
Diagnose
Diabetes word deur jou veearts met behulp van bloedtoetse gediagnoseer. Die nodige insulien dosis word vasgestel en word daagliks op dieselfde tyd toegedien.
Aanvullende maatreëls soos gewigsverlies, oefening en ‘n spesiale dieet word ook voorgeskryf.
Komplikasies
Komplikasies wat diere weens die siekte kan ontwikkel is onder andere blindheid, nierversaking of selfs bloedsomloop probleme.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21