Soos jy weet bring die lente warm weer, nuwe lewe, pragtige blomme, en ongelukkig ook, vlooie en bosluise.
Dit is veral noodsaaklik om jou hond teen vlooie en bosluise te beskerm as hy of sy baie tyd buite spandeer.
Vlooie is ‘n algemene probleem by honde, veral in warmer klimate.
Vlooibyte kan seer wees en baie jeuk. Vir meeste troeteldiere mag dit net ‘n klein irritasie wees, maar vir ander troeteldiere kan die gejeukery hulle teen die mure uitdryf, wat in gekrap en sere kan ontaard!
Die hoeveelheid bloed wat vlooie kan inneem, is gelykstaande aan 15 keer hul eie gewig!
Party troeteldiere is allergies vir vlooie en kan vlooibyt-dermatitis (velontsteking) ontwikkel. Dit is ‘n allergiese reaksie wat jou troeteldier se vel teen die vlooispeeksel ontwikkel.
Bosluise is ook ‘n algemene probleem in warmer klimate.
Bosluise is gewoonlik baie aktief in die warmer maande, maar die volwassenes van sommige spesies is selfs gedurende die winter aktief., so vlooi- en bosluisvoorkoming met regdeur die jaar gegee word.
Bosluise is nare goggas wat baie ernstige siektes dra en wat dit aan jou honde en katte kan oordra.
Dit is baie belangrik om jou troeteldiere teen vlooie en bosluise te beskerm. Vra jou veearts wat die beste bosluis- en vlooibehandeling is en maak seker dat jy dit gereeld toedien om jou honde en ander troeteldiere gesond te hou.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21
#diearkdierekliniek #vlooie #bosluise #veearts #veeartspaarl