Lees Meer/Read More

Artritis by troeteldiere

Met die winter op hande, is jou hond of kat dalk ’n bietjie minder entoesiasties om buite toe te gaan as gewoonlik, maar voor jy alles op luiheid of selfs die ouderdom blameer, lees verder. Jou beste vriend kan aan artritis ly.

Artritis beteken eenvoudig ‘inflammasie van die gewrigte’ en is ‘n algemene probleem vir baie honde. Artritis raak ook omtrent 20 persent van alle katte. Dit is egter nie net ou diere wat beïnvloed word nie, heup- en elmboogdisplasie sal dikwels tot artritis lei en kan van jongs af voorkom.

Die simptome van artritis by honde is gewoonlik meer opvallend en sluit in styfheid, mankheid en/of ’n probleem om op te staan. Dit is egter moeiliker om die siekte by katte te diagnoseer omdat hulle nie so maklik pyn wys nie. ’n Kat wat meer slaap, homself minder lek en moeiliker spring as vantevore kan dalk aan die siekte ly.

Vra jou veearts vir ’n professionele opinie.

Kontak gerus vir Dawn by Die Ark Dierekliniek vir meer inligting en ‘n konsultasie.

Die Ark Dierekliniek
Verster Straat 7
Paarl
7646

Tel: 021-2240020/21

Bravecto Beskikbaar by Die Ark Dierekliniek