Honde het twee klein sakkies aan weerskante van hul anus. Hulle vervaardig en skei ‘n onwelriekende, olierige, bruin vloeistof af wat honde gebruik om mekaar te identifiseer en hul gebied te merk. Dit is waarom hulle mekaar se agterwêreld gereeld snuffel.
Wanneer die anale kliere nie reg funksioneer nie, kan dit ongemak en selfs infeksie veroorsaak. As u sien u hond skuur sy boude op die grond, lek of byt daaraan of sit ongemaklik, kontak die Die Ark Dierekliniek, want u hond kan moontlik ‘n anale klierprobleem hê.
Vir meer inligting kontak:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021-224 0020/21
#honde #analekliere #diearkdierekliniek